AUDENSBERG TOYOTA NEWS

AUDENSBERG TOYOTA EN STANDARD PLANT WEER BOME

Audensberg Toyota en die Standard was weer vanjaar deel van nasionale boomplantweek.

Adri Vorster, van Audensberg Toyota, sê dat daar weereens dié jaar gefokus word op bewusmaking van die jeug van die belangrikheid om ’n groen omgewing te skep.

Sedert 2013 is daar al meer as 500 bome deur Audensberg Toyota by skole in en om Worcester aangeplant.

Vanjaar het Audensberg besluit om 120 groter bome by skole te gaan plant. Vorster sê dit was wonderlik om die entoesiasme by onderwysers sowel as die leerders op te merk. “Dit alleen maak die projek die moeite werd.” Sy en Guy van Zyl, diensbestuurder, het onderneem om volgende jaar voort te gaan met die projek.

Hulle daag ook ander motorhandelaars uit om dieselfde of beter te doen.