Ons 3de uitreik was na die ANIMAL WELFARE SOCIETY WORCESTER

Hulle is ‘n nie-winsgewende organisasie wat omsien na mishandelde diere en ook dien as aannemings organisasie vir diere.  Hulle red diere wat deur hul eienaars verwaarloos, mishandel word, soms sommer net op straat gelos word of waar eienaars net trek en die diere agter laat.

Aangesien hulle fondse beperk is, is hulle grotendeels afhanklik van skenkings van die Publiek om in die diere se basiese behoeftes te voorsien. Honde en katpille (Adult en puppies) , Katsand, Komberse, Waspoeier om die diere se komberse mee te was,  asook ontsmettings middel waarmee hokke skoongemaak word, is van die items wat hulle baie nodig het.

Daar is ook hokke wat herstel moet word en hakkiesdraad wat hulle perseel beskerm wat vervang moet word, aangesien hulle vreeslik deurloop aan vandalisme en diefstal.

Hierdie mense doen wonderlike werk en versorg die diere soos hul eie  en probeer om vir elkeen ‘n nuwe huis te kry waar hulle mooi versorg sal word en veilig sal wees.

NEWS ARCHIVES

CONTACT AUTOMARK

SEARCH AUTOMARK

Year:
   
Make:
   
Model:
   
Body Style:
+