Die 2de uitreik projek van AUDENSBERG TOYOTA ANGELS het op 19 Julie 2017 plaasgevind.

Ons het die baba en kindersaal van die Brewelskloof Hospitaal besoek.

Huidiglik ontvang 39 babas en 35 seuns en dogters (ouderdom 3 tot 14 jaar)  behandeling teen die Tering virus.  Die behandeling kan tot ‘n  jaar en drie maande duur.  Vir die tydperk van hul behandeling mag hierdie kinders glad nie buite die hospitaal gronde gaan nie en behalwe vir klein rukkies wat hulle buitentoe geneem word om bietjie te speel, bring hulle die grootste gedeelte van die dag in die saal deur.

Ons het deur middel van ‘n Jeugwerker wat ook betrokke is by hulle, met die Suster gesels en verneem wat die behoeftes is waarmee ons kan help.

Die kinders is almal daar as gevolg van omstandighede buite hulle beheer,  waar hulle blootgestel is aan die tering virus.  Na afloop van hulle behandelings sal net ‘n paar kan terug gaan na hulle ouers (wat self ook tans behandeling in die hospitaal ontvang), maar die oorgrote meerderheid sal uitgeplaas word in pleegsorg, aangesien hulle ouers oorlede is as gevolg van die virus.

Ten spyte van hulle omstandighede het die kindertjies ons ontmoet met glimlaggies op hul gesigte.

Hier is fotos van ons besoek aan Brewelskloof Baba- en Kindersaal.

NEWS ARCHIVES

CONTACT AUTOMARK

SEARCH AUTOMARK

Year:
   
Make:
   
Model:
   
Body Style:
+