GRACE HOUSE is ‘n pleeghuis waar 6 kinders in veilige bewaring geplaas is, elkeen  deur ‘n maatskaplike werker as gevolg van sy eie huislike omstandighede waaruit hy of sy verwyder moes word.

Die kinders is nie verwant aan mekaar nie en wissel tussen ouderdomme 6 tot 14 jaar. Elkeen van hulle het hulle eie unieke agtergrond, geaardheid en belangstelling en hier word hulle versorg deur ‘n pleegmoeder wat hulle grootmaak, versorg en omring met liefde.

Alhoewel die kinders in veilige omstandighede bly, daar aan al hul basiese behoeftes voldoen word en hulle goed versorg word en baie liefde kry, ontbreek daardie “spesiale luxury bederfies” van ‘n ouma en oupa of oom en tannie.

Ons het toe besluit om vir elke kind sy eie “BEDERFIE SKOENBOKS GESKENKIE” op te maak.  Ons het elke boksie se inhoud volgens elke kind se eie unieke belangstelling opgemaak en dit Maandag aan hulle gaan oorhandig en ook vir elkeen ‘n lekkergoed sakkie gepak vir padkos, want hulle het Dinsdag saam met hulle pleegmamma vertrek vir ‘n week vakansie.

Die glimlaggies op hulle gesiggies toe elkeen sy eie boksie oopmaak was so spesiaal en het ons laat besef dat daar soveel kinders daar buite is wat dit verdien om iewers in hulle lewe so ‘n boksie te kry, maar wat as gevolg van omstandighede buite hulle beheer, nooit die voorreg sal hê nie.

Grace House, dankie vir die tyd wat ons saam met julle kinders kon spandeer.  Dit was baie spesiaal.

Hier is ‘n paar fotos van ons besoek aan GRACE HOUSE.

NEWS ARCHIVES

CONTACT AUTOMARK

SEARCH AUTOMARK

Year:
   
Make:
   
Model:
   
Body Style:
+