Audensberg Toyota Angels het op  24 Augustus 2017  WORCESTER HOUSE OF HOPE besoek.

House of Hope is ‘n instansie wat 8 jaar gelede gestig is en wat huisvesting en etes verskaf  aan vroue en kinders wat deur traumatiese ervarings in hulle lewens geaffekteer word.  Hier word hulle gehelp om die ervarings te verwerk en ontvang die  nodige hulp , opleiding en bystand om weer die stukkies van hul lewe op te tel en vorentoe te beweeg.

Die organisasie huur ‘n huis wat  12 individue kan huisves en bestaan uit ‘n kombuis, 3 kamers, 2 badkamers , eetsaal en sitkamer.  Tydperk van huisvesting duur tussen 3 dae en 3 maande, afhangende van die omstandighede.  Ons het  nuwe tafeldoeke aan hulle geskenk om hulle eetsaal op te helder waar die individue wat deur sulke moeilike omstandighede gaan, elke dag almal saam eet.

Hulle is afhanklik van fondse deur funksies aan te bied en skenkings van enige aard.  Op die oomblik is daar ‘n groot behoefte aan 2 verwarmers vir die Leef- en Tv area vir  die koue wintersaande, asook ‘n toesluit kas vir die kantoor.  Enige ander skenkings asook 2de handse klere, toiletware en baba of kinder items is ook n groot  nood.

Drank-, tik- en dwelm misbruik asook armoede en werkloosheid is van die redes  waarom kinders  deur ‘n  Maatskaplike uit hul huidige omstandighede geneem moet word en in pleegsorg geplaas word.     Daar is ‘n  groot tekort aan veiligheidshuise, en geskikte pleegouers wat die kinders kan versorg totdat die ouers se omstandighede verbeter om die kind by hul terug te plaas.  Ongelukkig is daar baie min kinders wat by hul ouers teruggeplaas word, vanweë die ouers se swak belangstelling in hul kinders, onvermoë en swak motivering om hul kinders weer te versorg.

Om te help om die probleme aan te spreek hou hulle Voorkomingsprogramme teen seksuele misbruik, drankmisbruik, Ouerleidingsgroepe,  Gedragsmodifikasie groepe, terapeutiese dienste en individuele assessering. Tans is daar ‘n buiten gewone toename in ongewenste tienerswangerskappe wat hand aan hand loop met tik- en dwelmmisbruik wat lei tot die  mishandeling van die  ongebore baba asook  babas wat met gestremdhede gebore word.

Behalwe dat die kinders in plekke van veilige bewaring geplaas word moet daar ook in die behoeftes van die kinders voldoen word in die vorm van kos en klere. Alhoewel hulle staats subsidie kry vir die kinders, is lewenskostes baie duur en is hulle ook afhanklik van skenkings vir kos, klere en toiletware.  Enige 2de handse klere is welkom.

Indien daar enige iemand is wat ook graag ‘n skenking van 2de handse klere of nie-bederfbare kos wil maak, is julle welkom om enige van ons te kontak.

 

NEWS ARCHIVES

CONTACT AUTOMARK

SEARCH AUTOMARK

Year:
   
Make:
   
Model:
   
Body Style:
+